
| Bruid | Hestelle Praekelt | - Assistent Navorser |
| Bruidegom | Wynand le Roux | - 'Fitness Consultant' |

Ons het so 2 jaar terug ontmoet. ‘n Gemeenskaplike vriendin, wat saam met my geoefen (swem) het, het gereël dat Wynand saam met ons moet begin swem.
Sy was van dag een af oortuig dat ons perfek bymekaar pas en sy was reg!

Na ‘n jaar wat ons bymekaar was, het ons al geweet ons gaan trou. My verloofring was 3 maande in die kluis voor hy my op sy 25ste verjaarsdag gevra het om te trou.
Dit was baie onverwags en lekker om die baie spesiale oomblik saam met wonderlike vriende te deel.

Dit was ongelooflik, onvergeetlik, fantasties en baie spesiaal. Daar is eintlik nie woorde om die spesiale dag te beskryf nie.
Die dag was perfek, ons droom troue, alles was 100% soos ons dit beplan het en wou hê. Die dag was net te vinnig verby!

01.Geniet elke oomblik!
02.Reël alles vroegtydig en gee jouself genoeg tyd om te beplan
03.Wees kreatief en doen van die goedjies en dingetjies self
04.Neem mekaar in ag, onthou dit is julle spesiale dag
05.Doen soveel moontlik die aand voor die troue klaar dan kan jy net ontspan en die groot dag geniet.

| Venue | The Willows |
| Decor | The Willows |
| Blomme | Self gedoen |
| Kos | The Willows |
| Troukoek | The Willows |
| Fotograaf | iMAJiX |
| Musiek/DJ | Sound Bytes |
| Geskenkies | Self gemaak |
| Skryfbehoeftes/Kaartjies | Self gemaak |
| Trourok | Bettie Cornellisen |
| Skoene | Sandy Shoe Box |
| Hare | LG Hairstudio (Lorane - 084 227 4987) |
| Naels | La Joli Main (Dorette - 082 870 0703) |
| Grimering | Hanalie du Plessis (079 898 5397) |
| Juwele | Attitude (Mimosa Mall - 051 444 5578) |
| Verloof- en trouringe | Bruidegom - NWJ (051 447 2362) Bruid - The Jewel Box (Kimberly) - Diamant - (053 832 1731) |
| Bruidegom se klere | Options (Mimosa Mall - 051 444 5792) |
