Real Weddings

Shawn and Martinette Hibbert - 17 April 2010

Real Weddings Bloemfontein

Wie is dié gelukkige paartjie?

Bruid Martinette Botha - 'Finance Controller'
Bruidegom Shawn Hibbert - Tak Bestuurder

Bloemfontein Weddings

Hoe het julle ontmoet?

 

Ons het 8 jaar terug ontmoet en was beide op daardie stadium werksaam in restaurante. 'n Gemeenskaplike kennis wat tussen die twee restaurante gewerk het, het ons aanmekaar voorgestel.

Eers was ons maar net vriende, maar toe ons later besef ons studeer ook nog by dieselfde tersiëre instansie het ons meer van mekaar gesien en natuurlik oor en weer gekuier. Die res is geskiedenis.

Bloemfontein Weddings

Hoe het hy jou gevra om te trou? Vertel ons asseblief!

 

So na ons 7de jaar bymekaar het ons al begin praat oor die idée om verloof te raak. Shawn het toe op 'n keer al sy moed bymekaar geskraap en ouers gevra sonder my wete.

Daarna het hy 'n verrassings ontbyt vir my gereël en dit was die oomblik wat hy my gevra het om mev Hibbert te word.

Bloemfontein Weddings

Hoe het julle die GROOT DAG saam ervaar?

 

Onvergeetlik, fantasties en baie spesiaal! Na 'n jaar se beplanning was dit wonderlik om te sien hoe al die reëlings in plek val en dat die dag perfek uitgedraai het net soos ons dit wou hê.

Bloemfontein Weddings

Enige advies vir paartjies wat binnekort gaan trou?

 

01.Wees kalm en rustig

02.Neem mekaar se opinies, idees en behoeftes in ag

03.Dink kreatief en wees oorspronklik dan kan jy baie dinge self doen

04.Laat jul self genoeg tyd toe om deeglik te beplan

05.Belangrikste van alles is dat jul die troue moet geniet, dit gaan so vinnig verby

Bloemfontein Weddings

Wie het gehelp om julle GROOT DAG spesiaal te maak?

 

Venue The Willows
Decor Liatha Events & Decor - Corlia Hibbert (073 1536 780)
Blomme Self gedoen
(Waldorf Flower Market - 051 - 448 6736)
(Green Finger 051 - 4511 835)
Kos The Willows
Troukoek Somerton Estate
Fotograaf Emma Booysen Fotografie
DVD This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it (082 466 8508)
Musiek/DJ Sound Bytes
Troukar Sovereign BMW
Geskenkies Self gemaak
Skryfbehoeftes/Kaartjies Self gemaak
Trourok Bettie Cornellisen
Skoene Sandy Shoe Box (Mimosa Mall)
Hare In The Mood Salon
(Loch Logan Waterfront - Ane, 051-448 7517)
Naels Camelot Beauty Salon ( This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it )
Grimering Estie Swart Artistry
Juwele Attitude (Mimosa Mall)
Verloof- en trouringe Heathorns Diamonds and Gold (051 - 430 8522)
Bruidegom se klere Shadows Men Company, Johnsons Outfitters, Woolworths

Bloemfontein Weddings