
| Bruid | Tersia van Zyl | - Voorraadbeheerder in Kardio ICU Rosepark Hospitaal |
| Bruidegom | Etienne Bester | - Operateur, Transwerk |

Deur 'n vriendin van Etienne (amper 7 jr gelede). Op daardie stadium wou ek (Tersia) glad nie 'n verhouding gehad het nie. Hy het my egter 3 keer uitgevra en belowe hy gaan my glo nog eendag kry.
Wel, na 3 maande , 72 pik soentjies en vele dae van mekaar leer ken - het die prentjie egter verander.Ons het by die waterfront gaan bootjie ry en toe is dit ek wat dit nie meer hou nie,en toe vra ek hom toe - Nou wanneer vra jy my nou weer uit?
Hy was so gekok. Hehe Hehe. Maar darem nie te gesok om my te vra vir die 4 de keer nie..

Ons was op vakansie in Jeffrey's baai einde 2006. Dit was ons 1ste vakansie saam weg see toe.
Op 31 Desember net so voor 24h00 het hy my na die hoof Vodacom toring gevat om oor die see en strand uit te kyk terwyl al ons vriende wat onder gestaan en kyk het. Toe die vuurwerke begin skiet, die mense die ou jaar begin aftel en die klok 24h00 slaan, het hy net omgedraai - so onverwags en my gevra of ek sy vrou sal word en met hom sal trou.
DIT WAS EENVOUDIG PERFEK! Maar dis net soos hy is - romanties verby!
Natuurlik het dit my meer as 'n half uur gevat om hom te kon antwoord. Die trane wou net nie opdroog nie.
Wel - julle kan seker almal raai wat die antwoord was.

Onbeskryflike vreugde en oorweldigende geluk! Ongelooflik Sprokies-mooi. Absoluut droom perfek.
Toe die kapel se deure oopgaan en ons mekaar sien - het alles net verdwyn om ons, en niks anders het saak gemaak nie - dit net ons. Mnr en Mev. Bester en ons toekoms saam.Die emosies is net te veel om met woorde te regverdig of te verduidelik.

01.Julle, mens se troudag gaan net so vinnig verby, geniet elke oomblik en detail - sowel as met die beplannig. Mens verlang so terug na jou troudag. Ons raak sommer hartseer om te dink dis verby. Die realiteit besef mens eers later
02.Stel 'n begroting op en werk daarvolgens. Hou veral die klein bedraggies in gedagte. Glo maar , dis juis ditwat jou begroting sommer vinnig vinnig deurmekaar krap
03.Wees oop vir idees, maar kry ook genoeg inligting voor julle besluit. Wanneer julle 2 op iets besluit het - hou daarby. Onthou dis julle troue. Moenie dat iemand / iets julle troudag bederf nie
04.Cocktails / eetgoedjies is 'n wenner na die diens. Indien julle besluit op cocktails / eetgoedjies ect. - maak voorsiening om sommer saam met die gaste bietjie te gesels en sodoende die gelukwensing ook af te handel voor julle in die saal inbeweeg. Mens sukkel om by al die gaste uit te kom. En hierdie is die ideale geleentheid
05.Hou by die gastelys. Laat die gaste vroeg genoeg terug laat weet voor die finale tafel- beplanning opgetrek word.(Die gastelys is nogal 'n kopseer hoor!)
06.Moenie alles self probeer doen nie - veral as jy 'n besige daaglikse skedule het nie!
07.Maak seker dat die lugreeling voldoende is. Mens kry nogal warem as die senuwees so knaag

| Venue | The Willows |
| Decor | Kathleen Bradfield (Party Creations, 45 Brill straat Westdene) - 082 856 9335 |
| Blomme | Migo Coetzee (Steward Guesthouse) - 082 448 1600 |
| Kos | The Willows |
| Troukoek | The Willows |
| Fotograaf | Forever Photos |
| Musiek/DJ | Sound Bytes |
| Troukar | Was 'n trougeskenk |
| Geskenkies | Ons het sweety pie's met 'n pers skoenlapper daarop gehad vir geskenkies. Ons tema was skoenlappers. So vir ons was dit perfek! Self gemaak. Skoenlappers (Bead Shop, 2de Laan) - 051 448 6780 |
| Skryfbehoeftes/Kaartjies | Paper paradise (Mimosa Mall) - 051 444 6084 |
| Trourok | Julie Wedderburn |
| Skoene | Veruska's (Mimosa Mall) |
| Hare | Letitia Cloete (Beauty Square LHP - 079 3466 136) |
| Naels | Adel Lubbe - 084 8477 522 |
| Grimering | Telichia - 072 537 3320 |
| Verloof- en trouringe | Galaxy (Bloemfontein) |
| Bruidegom se klere | Awerbuch's house - 051 447 9097/8 |
