
| Bruid | Sarah Scholtz | - Administratiewe Beampte by die Universiteit van die Vrystaat |
| Bruidegom | Donovan Harris | - Profesionele Jagter |

Einde 2007 het ek Bloemfontein toe getrek en by 'n ou skool vriendin loseer. Sy en Donovan was toe al reeds jare vriende en sy het ons aan mekaar voorgestel. Ons het soveel verskille gehad, ek 'n Afrikaanse boeremeisie, hy 'n Engelse stadsjapie.
Die eerste paar ontmoetings het ook nie so glad verloop nie ... ons lag nou nog daaroor! Gelukkig is dit nou in die verlede en hoef Don my nooit weer op te chat nie!
Ons het agtergekom dat die verskille, eintlik eienskappe is waarvan ons hou. Dinge het van daar maar hulle eie (vinnige) pad gevolg en April 2009 het ons verloof geraak.

O, genugtig, ek het so geskrik! Donovan het my vir omtrent 5 maande na verskillende ontwerpers en juwelierswinkels geneem om te soek vir n ring waarvan ek hou. Op n dag sê hy toe net vir my dat hy dink ons moet nog bietjie wag voor ons trou.
Ek was boos, om die minste te sê. Wat ek nie geweet het nie is dat hy toe reeds my droom-ring laat maak het. Hy het op 'n dag op valse voorwentsels na my ouers gegaan (300km) en gaan ouers vra. Ek het van niks geweet nie.
Die aand nadat hy terug gekom het, het hy my middernag wakker gemaak en op sy knieë langs die bed gestaan. Ek het gedink hy is siek! Hy het die mooiste ring aan my vinger gesit en ons het tot son-op sjampanje gedrink.

'n Sprokie. Daar is nie een enkele ding wat ons sou wou verander nie. Ons kan met sekerheid sê dat ons die perfekte dag gehad het. Net jammer 'n dag is net 24 uur lank. Verseker het die senuwees geknaag, maar die opgewondenheid het alles oortref!

01.Ontspan en dink mooi oor wat julle wil hê
02.Doen al die beplanning saam
03.Neem julle foto's na die kerkdiens. Dis magical as jou man jou die eerste keer sien as jy met die paadjie af kom
04.Bruid, eet genoeg deur die dag
05.Bruidegom, glimlag op die foto's. Daardie dag is jy die hunk van alle tye!
06.Bruid, moenie jou handruiker te groot maak nie, dit kan baie swaar raak
07.Geniet die hele dag en partyjie saam met julle vriende en familie, onthou, hulle het ver gekom

| Venue | Summerwood Country Estate |
| Decor | Summerwood Country Estate |
| Blomme | Marelise Floral Design |
| Kos | Summerwood Country Estate |
| Troukoek | Summerwood Country Estate |
| Fotograaf | Digital Magic Studio |
| DVD | African Outdoor Visions (082 562 5126) |
| Musiek/DJ | Sound Bytes |
| Geskenkies | Truffles, self gemaak |
| Skryfbehoeftes/Kaartjies | Self gemaak |
| Trourok | Julie Wedderburn |
| Skoene | M.O.D.E Brandwagsentrum |
| Hare | Melè Whitlock (083 262 2037) |
| Naels | Nail Studio, Branwagsentrum (051 444 1563) |
| Grimering | Melè Whitlock (083 262 2037) |
| Juwele | Clicks |
| Verloof- en trouringe | Verloofring: Kevin Urry (082 562 5126) Trouringe: Blumbergjuweliers, Vryburg (053 927 2571) |
| Bruidegom se klere | Mr Suit Hire, Edgars, Woolworths |
